Welcome

BetterEat™ – challenging and exposing non-sense nutrition and -diet advice! Making it easier to simply eat better every day! Nutrients influences every single body function. Brain chemistry, children’s ability to do math, the state of your hair and even how many wrinkles you have! Want to lose weight? Have a health problem? Read, learn and enjoy eating better! For yourself and your health!

News

  • Nuwe boek
  • Subscribe
  • Lesers sê hul sê
  • Free Registration
  • 'Eat with me'
  • 'Eet saam'
Untitled-1

Dik vir Dieet is vir almal geskryf vir almal vir wie die vorige en die nuutste dieet resep nie gewerk het nie, asook vir hulle vir wie die resep wel gewerk het (bloot omdat ek glo daar is altyd ruimte vir verbetering). Hierdie boek wil jou bemagtig om jou eetpatroon en koskeuses só te bestuur dat jy daagliks beter eet – met geen dieet. Besoek gerus jou naaste boekhandelaar vir bestellings of bestel direk deur hier te klik.

Read More

Subscribe now and get exclusive access to members only content. This includes meal ideas and menu planners, recipes, tips and expert nutrition advice. What’s even more exiting, is that you will also have access to the new EAT WITH ME feature, which will be launching soon. EAT WITH ME is a novel food choice assistant that shows better food choices pic by pic, meal by meal!  It’s almost like dining at my table! Whether you want to lose some weight, manage your diabetes, raise healthier children or just check the right health boxes for your low carb or other diet aproach, with EAT WITH ME by your side, it will be easier!

Read More
'n Leser se opsomming van DIK VIR DIEET (Naledi 2015) deur Mariza van Zyl RD November 2015, Paarl “Niks werk nie!” Die eerste sin in Dik vir Dieet (Naledi, 2015)) verwoord die bekende uitroep van almal wat al die skaal op ‘n Maandagoggend weggeskop het. En asof die skaalstryd nie genoeg is nie, hoe moet ‘n mens ‘n ingeligte besluite oor voedsel en voeding neem as elke tweede persoon deesdae ‘n opinie daaroor het? In ‘n see van teenstrydige en aanmatigende opinies, is Dik vir Dieet heerlik en vars, heil- en voedsaam. ‘n Rigiede dieet is dit beslis nie. Geen swart-en-wit denke vol moets en moenies, duur volksvreemde produkte wat net in spesialiteits winkels beskikbaar is of voorskriftelikhede nie. Soos Mariza dit self stel: “….’n mens kan baie puristies wees oor jou koskeuses en byvoorbeeld poog om alles self voor te berei, net organies te koop en een eet en nie jou mond aan enige verwerkte kosse te sit nie. Om so te leef kan maklik in ‘n voltydse werk ontaard”. Maar wat maak Dik vir Dieet anders as die honderde ander boeke, blogs en artikels oor die onderwerp? Waarskynlik die feit dat dit navorsing, resepte, raad, gevallestudies en ‘n gesonde skeut “myth busting” moeiteloos en verteerbaar meng: eenvoudig, maklik leesbaar en gegrond op bewese navorsing. Maar - dit neem ook die realiteite van elke unieke mens se leefwêreld in ag. As wetenskap en detail-inligting jou ding is, het Dik vir Dieet voetnota’s met gedetailleerde tegniese inligting op sekere bladsye wat jou uitdaag om beter te verstaan waaroor kos en gesondheid nou eintlik gaan. Tesame met die grotendeels praktiese benadering, word jy bemagtig om werklik ingeligte besluite te neem oor kos en kan jy ontsnap uit die geklits van die magdom verwarrende inligting wat beskikbaar is rondom kos, gewig, gesondheid en dieet. Moontlik ken jy die gevoel - jy het meer inligting tot jou beskikking as ooit tevore maar voel eintlik dat jy minder en minder weet? In DIK VIR DIEET word geen heilige koei onaangeraak gelaat nie - pro- en prebiotika, laktose- en gluten intoleransie, margarine of botter, hoë proteien, laevet, lae koolhidrate, Paleo of Meditereens.... Hoewel geen benadering afgeskiet word nie, is daar genoeg inligting oor elk dat jy self kan besluit... En dit lees so lekker! Die storie agter die kosstorie was nog nooit so aptytwekkend nie. 'Oondgebakte vrugte-krummel' , ' lekker sondagmiddageenbakgereg', 'rooirissiesop', 'ietsie op ‘n broodjie'... DIK VIR DIEET is nie 'n resepte boek nie - maar gee lekker resepte om BeterEet prakties doenbaar te maak. 'n Spyskaartvoorbeeld is ingesluit vir indien jy wil gewig verloor gee lekker praktiese wenke hoe jy byvoorbeeld koolhidrate kan verminder as jy iemand is wat beter doen wanneer jy minder koolhidrate eet óf minder of meer vet - maar beter vetkeuses wil maak. Jy word ook sommer herhiner om solank van jou voor-af voorbereiding vir die volgende dag af te handel terwyl jy in die kombuis is...'n Sinvolle inkopiegids maak veranderinge vir BeterEet amper moeiteloos! Nerens in hierdie boek word die tipiese dieetreeëls - 'ryskoekie met maaskaas' as ‘n ete of met-of sonder- botter-in-jou-koffie voorgehou as wet om gesondheid te verseker nie. Inteendeel word jy gewys hoe om alledaagse bestandele - 'n heerlike verwysings na '‘n lepel kokosneutroom' 'warm appel met ‘n strooisel kaneel,' of “meellose sjokolade muffins met bietjie versiersuiker bo-oor gesif” deel te maak van 'n voedsame eetbenadering. Sonder om dogmaties te wees, word hierdie krities belangrike beginsels in Dik vir Dieet onderstreep:
  1. Die wisselwerking tussen kos en gesondheid is baie meer ingewikkeld as lae of hoë vet of koolhidrate.
  2. Daar is meer as een manier oom die regte dieet te benader.
  3. Balans is ‘n veilige hawe.
  4. Jy moet vandag ingelig wees om die regte koskeuses te kan maak.
Dik vir Dieet is 'n wenresep vir 'n intelligente, gebalanseerde, prakties bevrydende kosfilosofie propvol wetenskaplike, nuttige en selfs humoristiese kos-doen-dit-so-dinge. Mariza se ervaring as Terapeutiese Dieetkundige en haar empatie met die mens agter die voedsel dilemma, tesame met haar holistiese benadering tot voedsel en voeding, verseker dat Dik vir Dieet ‘n handleiding is waarvan elke huishouding ‘n kopie behoort te hê. Jy kan vanmiddag nog ‘n gesonde sjokolade muffin (of 2!) vir teetyd geniet EN bewyse hê dat dit goed is vir jou! Sonder skuld. Read More
corporate business woman working on tablet computer at modern office interior Registration on www.bettereat.net is FREE! Please join me! Once you have registered, you will have access to a host of tips, tools, recipes and information on this site where I aim to give you digested nutrition information.  I will also be adding more tips, tools, recipes to help inspire you, coach you and make it easier for you to eat better. You will not receive tons of emails or unnecessary notifications.  If you like what you see, you may even want to consider subscribing and be part of an exiting journey of better health through better nutrition. Read More
Eat with meMariza KitchenHave you ever considered changing your eating pattern for the better? Or, perhaps you are tired of having to buy expensive 'diet foods' and want to get your eating habits on track with 'normal' foods? Perhaps your desire is to make better food choices part of your lifestyle and that of your family? Small adjustments to your daily food choices can have a huge impact on the 'healthful' index of your everyday diet. Did you know, it is the small consistent changes rather than drastic measures that ensures you are able to reach and maintain your unique health goals! Weight loss and maintenance, improved energy levels or better physical and mental performance can be a permanent part of your life! 'Eat with me' can help you move in the right direction. 'Eat with me' is not a diet. It's not a set formule with list of prescriptions. It's inspiration, a visual 'nudge' to steer you toward better food choices with practical tools and tips to help you keep on track. A tweak here and there, a subtle change in the ingredients you use when cooking, a slight adjustment to your servings sizes or food combinations might be all you need to take you forward on the journey of better health through better nutrition.

Subscribe today and book your space alongside me to lead you step by step toward a healthier lifestyle through better nutrition.

  Read More
Mariza Kitchen Dink jy dis tyEet Saamd om aandag te skenk aan jou eetpatroon? Miskien is jy moeg om duur 'dieetkosse' te koop en te kook? Moontlik wil jy net beter voedselkeuses maak ter wille van jou gesin se algehele gesondheid? Klein veranderinge - 'n ietsie hier, 'n nuwe idee daar of 'n fokusverskuiwing wat jou blik kan rig op voedselkombinasies of die porsiebalans op jou bord - is miskien al wat nodig is om jou vorentoe te stuur. Hierdie stappe kan ook 'n  'n veel groter impak op die gesondheidsindeks van jou daaglikse dieet hê as drastiese stappe wat nie volhoubaar is nie. Boonop kan verandering in die regte rigting is ook verbasend effektief wees om jou gesondheidsdoelwitte - hetsy gewigsverlies of -handhawing, verbeterde energie en - fisiese stamina of konsentrasie en -werkvermoë  - permanent te maak. 'Eet saam' is 'n stap in die regte rigting. Dis nie 'n dieet nie en ook nie 'n formule met 'n lang lys voorskrifte wat jy moet nakom nie. Dis 'n 'volg-die-prentjies-en-word-wyser- proses' wat jou sal inspireer om in die regte rigting - beter te eet instede daarvan om streng te dieet!

Teken vandag in  - dit bespreek jou plek lang my om jou stap vir stap te lei na 'n lewensstyl wat beter  gesondheid bevorder deur beter voedselkeuses.

Read More

Lees Artikels

Read Articles

Member Login

Social Media

Subscribe to our Newsletter

WAISTLINE INDICATOR

The waist circumference is a simple, but very powerful..

BODY MASS INDEX

Body Mass Index is a screening tool that indicates how “normal”...

COOKING TIPS

Tips, hints and solutions will help you plan cost effective meals...

DIETARY GUIDES

Special Dietary Guides translates complicated and often...

HEALTHY RECIPES

Recipes have been developed to compliment and expand...

BABY & CHILD FEEDING

Modern guidelines helping mothers ensure their babies and children...