Ons nuwe nuusreeks help lesers stap vir stap…

Stap 1: Eet koolhidrate – nee – nie net suiker nie – koolhidrate!

Wat is koolhidrate?

Suiker en stysel – ook gesamentlik bekend as koolhidrate, word gevind in meeste voedsel van plantaardige oorsprong. Vrugte, groente, grane, sowel as melk.

Die menslike liggaam kan nie werk sonder genoegsame energie – vanaf koolhidrate nie.

Eet jy te min – en spier en beenmassa gaan verlore. Ongelukkig doen te veel ook skade en dra by tot probleme soos oorgewig, diabetes, hartsiekte, insulien weerstandigheid, moegheid, konsentrasie probleme en gedragsprobleme steek kop uit.

Wat is genoeg? Dit is moeilik om ‘te veel’ koolhidrate te eet as mens koolhidrate van natuurlike voedsel inneem. Te min vrugte, groente en plantaardige voedsel en te veel geprosseerde voedsel versteur egter die koolhidraat balans – en boonop kry jy hopeloos te min vitamiene en minerale in. Sonder dat mens weet, kry jy dus maklik te veel koolhidrate in – of mens skakel te veel uit deur ‘n lae koolhidraat dieet te volg.

Het u geweet?

1 blikkie gaskoeldrank of vrugtesap of gegeurde water bevat ongeveer 9 teelepels suiker?

Meeste mense drink maklik ‘n blikkie leeg maar kan skuldig voel hulle een van die volgende eet:

– 18 teelepes heuning
– 3 snye brood
– 3 groot vrugte
– 1 ½ koppie pasta of gaar pap
– 3 medium aartappels
– 3 koppies groente

Wat om te doen:

Eet genoeg kos – bv. aartappels, bruin- en basmati rys en ‘n lekker groot bak vrugteslaai – sonder om skuldig te voel en dit ook help dat mens nie gedurige lus het vir peusel aan soetigheid nie. Wanneer mens se maag nie gevul word tydens ‘n maaltyd nie, kry die brein nie die boodskap dat jy geëet het nie en sal jy minder versadig voel. Die volume wat aartappels en rys en vrugte en groente het, verseker dat mens vol voel terwyl die konsentrasie van die koolhidrate heelwat laer is as wanneer mens bv peusel aan ‘n lekker of ‘n kraakbeskuitjie.

Volgende week se nuusbrief sal meer inligting verskaf oor verfynde- teenoor minder verfynde kossoorte. Dit sal verder help verseker dat u gesonde dieet nie net genoeg koolhidrate bevat nie – maar ook die regte soort koolhidrate.

Groetnis tot volgende week

Mariza