Soos bespreek in Amore Bekker se tjailatyd op RSG.

‘n Boep is nie skadeloos nie. Die vet om mens se maag het ‘n lewe van sy eie. Dit stuur seine na die brein en liggaam wat mens honger, nukkerig en moedeloos kan maak. Dit maak mens se hormone deurmekaar. Dit maak mens lam en tam. ‘n Boepie beteken ook dat die liggaam heel verkeerdom begin werk het – en sommer als wat mens eet wil omsit in vet.

Somtyds is mens reg vir groot verandering in ‘n mens se lewe – soos om eetgewoontes te verander en om gesonder te leef. Klein veranderinge kan egter vir almal help – tot tyd en wyl mens daarby uitkom om die groter verandering te maak.

Dis nie maklik om die boep te verloor nie – maar meegaande dokument lig drie dinge uit – sommer uit mens se koskas en kombuis – wat reeds sal help.

Hierdie 3 dinge sal welliswaar nie die boep laat verdwyn nie – maar sal jou verseker op die pad sit om sy vinnige groei te stuit…en afhangende van hoe ‘n ou andersinds eet en oefen – sal dit by sommige mense al klaar tot boepverlies lei.

Die slim naam vir ‘boepprobleme’ is INSULIEN WEERSTANDIGHEID.

Lees gerus meer in ons biblioteek oor hierdie toestand en gebruik die “health tools” se “BMI” en “Waist Indicator” om te bepaal of jy in gevaar is al dan nie.

Laai gerus die meegaande dokument af of teken in op ons webblad (subscribe) en kry toegang tot ‘n volledige strategie. (Intekenkoste – slegs R89 per jaar) in die ‘HEALTH TOOLS’ afdeling. (Binnekort ook beskikbaar in Afrikaans.

Indien u enige voedingverwante vrae het, vra gerus. Dis gratis.(Klik op ADVICE)

3 Anti-boep dinge