Lae GI het Suid Afrika behoorlik soos ‘n koors betrek…maar een soort pilletjie help nie vir alle kwale nie…

Die Glisemiese- of Glukemiese Indeks is ‘n waarde wat gegee word aan ‘n spesifieke voedselitem om ‘n indikasie te gee van hoe vinnig of stadig bloedsuikervlakke sal styg na ‘n maaltyd of na ‘n spesifieke voedselitem geëet is..

Dit is wat voedingkundiges graag wil bereik, want wanneer bloedsuiker te lank te hoog is of net te hoog is, kan dit bydra tot gesondheidsprobleme soos gewigsprobleme, diabetes en selfs hartsiekte.

Die probleem met die GI – en dit weet baie min mense- is dat dit nie ‘n presiese waarde is nie – en nie ‘n waarde is wat op sy eie eintlik veel beteken nie.

Ja – dit is anders as wat baie boeke of die apteker miskien verduidelik het – maar kom ons kyk na ‘n paar voedingfeite:

‘n Gesonde dieet is gekompliseerd. Dit is ongelukkig maar so a.g.v. die tyd waarin ons lewe. Wanneer enige nuwe konsep op die mark verskyn wat primêr klem lê op een aspek van kos – soos die GI – laat dit enige wetenskaplike se wenkbroue lig. As dit so eenvoudig was, sou die wêreld mos nie vandag gesit het met ‘n “oorgewig probleem” wat groter is as die HIV probleem nie?

GI kan goed wees – maar moet gebruik word op die regte manier – en op die regte plek. Dink voordat die GI wegholperd opgesaal word!
3 Dinge om te weet van GI
Een
‘n Mens kan nie GI voorspel nie- en ook nie akuraat bereken nie. GI waardes is net akuraat as dit getoets is op ‘n wetenskaplike manier. ‘n Resep kan dus nie lae GI wees – tensy die gereg getoets is nie. ‘n Mens kan op die meeste sê dat die resep bevat lae GI bestandele.

Twee
Kos is nie staties nie – ‘n aartappel in Gauteng en een uit die Kaap het nie dieselfde eienskappe nie – en mens kan dus nie ‘n aanbeveling maak dat aartappels hoë of lae GI is tensy aartappels vanoor die hele land getoets is nie. Dieselfde geld vir ‘n boks pap vervaardig in Suid Afrika en een vervaardig in Engeland. ‘n Mens kan die GI waardes sommer so oor en weer gebruik nie.

Drie
Sommige voedsel kan nie getoets word vir GI nie.

Om getoets te kan word, moet die groep mense waarop dit getoets gaan word, ‘n sekere hoeveelheid van die spesifieke voedsel eet. ‘n Pil, of ‘n suikervrye drankie, of ‘n produk met ‘n lae koolhidraatinhoud of ’n proteinvoedsel wat aansprake maak t.o.v. GI, laat my wenkbroue lig.
Die kort en die lank van die saak is dat GI ‘n hulpmiddel is wat nét effektief gebruik kan word om iemand se dieet te verbeter – en dan as deel van ander dieetveranderinge, bv. om te kyk na hoe verfyn die voedsel is wat geëet word, hoeveelhede wat mense eet en voedselkombinasies. Hierdie faktore is net so belangrik – indien nie meer belangrik, as die GI van verskillende kossoorte.

Daar is ‘n hele paar “kos” truuks wat mense kan toepas om te help verseker dat hulle só eet dat hulle bloedsuikervlakke en energievlakke stabiel bly – sonder om te veel te bekommer oor ‘n lys van GI waardes, of om ten duurste te betaal vir ‘n produk wat GI gebruik as bemarkingsmiddel.

Wil u graag meer weet?

In die afdeling Tips and TOOLS is meer volledige inligting oor maniere om bloedsuikervlakke te help stabiliseer. ‘n Volledige vergelyking van GI waardes is ook beskikbaar.

Enige vrae? Vra gerus u vraag in Afrikaans. Laai gerus ook die dokument aangeheg aan hierdie artikel af vir meer informasie. Stuur gerus hierdie belangrike informasie aan ander wat mag belangstel.

GI Are you being misled