Dikwels hoor ‘n mens mens die stelling dat voedsels vandag nie meer dieselfde voedingswaarde het as ‘n paar jaar gelede nie. Die stelling is egter onwaar. Mense vra my ook dikwels of die groente in winterbredies – wat so lekker is as dit koud is – nog enige voedingswaarde het?

Die antwoord lê in PHYTONUTRIËNTE en ‘n kykie van naderby is die moeite werd.

Phytonutriënte of plant voedingstowwe in gewone Afrikaans, verwys na ‘n groep verbinding wat gewoonlik in plante en voedsel van plantaardige oorsprong voorkom. Dit kom egter nie uitsluitlik in plante voor nie – en wanneer dieselfde element in diereprodukte voorkom, word daarna in die Engels verwys as ZOO chemicals.

Lutein as voorbeeld, is ‘n voedingstof wat belangrik is vir onder ander mens se visi. Dit kom in ‘n verskeidenheid vrugte voor – van die gewone ou appel – tot bessies – maar ook in eiers.

Phytonutriënte is anders as vitamiene in dié sin dat daar nie ‘n formele klassifikasie is vir hierdie groep nutriënte nie. Ons leer nog baie oor phytonutriënte om regtig te verstaan presies HOE hierdie voedingstowwe vir die plant – en ook die mens van belang is.

Huidiglik weet ons dat dit die plant, en ook ons selle beskerm.

Hespiridien is byvoorbeeld ‘n phytonutriënt wat in lemoene voorkom. Een van hespiridien se funksies is dat dit die sensitiewe vitamien C beskerm en verliese so verminder. Nie net verminder dit Vitamiene C verlies in die lemoen nie – maar die Vitamien C vanaf lemoene blyk ook meer stabiel te wees in die liggaam a.g.v. die hespiridien beskerming in vergelyking met vitamiene C op sy eie – soos bv. ingeneem via ‘n supplement. Hespiridien help selfs beskerm teen hoë cholesterol.

Phytonutriënte is ‘tough’. Anders as baie vitamiene wat deur lig, hitte, ‘n suur- of selfs alkali medium vernietig word, is meeste phytonutriënte glad nie ongelukkig as hulle so bietjie blootgestel word aan die elemente in die kookpot nie.

Die geel in wortels, pampoen en selfs patat – karetenoïede – is juis MEER beskikbaar vir die liggaam wanneer hulle so bietjie aan hitte blootgestel is.

Dieselfde geld vir Likopeen in tamaties.

Wat nog meer interessant is, is dat ‘n bietjie olierigheid ook help. Dus, maak ‘n lekker bredie met olyf- of canola olie, sorg vir genoeg wortels en tamatie en ook groen groentes, uie en knoffel en siedaar – jy kan jou nutriëntinname sommer ‘n lekker hupstoot gee.

Laai gerus hierdie gids met meer inligting oor groentekeuses af.

Groente Wat is Wat