Soos bespreek in Amore Bekker se Tjailatyd op RSG.

Het jy geweet?

1. Honger maak kinders nukkerig en wild
2. Kinders wat dors is, verloor kop en kan nie dink nie
3. Wees een stap voor – hou kop en bly in beheer…

Gebruik ons 3 wenke – soos bespreek op RSG se Tjailatyd – om deur hierdie lang vakansie te kom…

Klik op die dokument onder vir meer detail asseblief.

Vir kinders wat tuis vermaak moet word of laatmiddag by nasorg gehaal moet word – hierdie wenke sal help dat hulle minder ‘wild’ is…

Een:

1. Honger kinders is geirriteerd en nukkerig – maak seker hulle bly gevoer maar nie opgestop met allerhande lekkernye nie – maar met kos. Selfs as kinders in ‘n nasorg is, kan dit help om ‘n ekstra broodjie in te pak – dit smaak tog na moederliefde ook. Pak ‘n ekstra blikkie om saam te neem met ‘n lekker vars broodjie met ‘n klam vulsel bv.
– Eier en mayonnaise
– Maaskaas en fyn biltong
– Mozzarellakaas met tamatie en pesto

Mens kan selfs hierdie vulsels rol in ‘n platbrood of “wrap” of gebruik ‘n bevrore pizza basis en maak vinnig in die aand ‘n pizza gestapel met maer ham, tamatie, sampioene, en tamapuree en bietjie kaas – pak net 2 of 3 skywe in – dit is baie lekker koud.

Twee:

2. Kinders wat dors is kan nie reguit dink nie en kan lam en tam voel – maak seker daar’s genoeg om te drink – maar NIE net koeldrank nie.

Die liggaam het baie water nodig om optimaal te funksioneer. En ongelukkig tel koeldranke, sportdrankies en selfs vrugtesap nie as “water” nie. Die suiker is te gekonsentreerd.
Die aangehegte dokument gee wenke hoe om kinders te help om meer water in te kry…

Drie

3.Wees altyd een stap voor –gee eers kos – en dan lekkernye. Dit klink moeilik maar met ‘n paar slim truuks kan mens kos vermom dat dit soos lekkernye lyk.

Tuisgevriesde jogurt roomys en melkskommels is maar twee lekker voedsame opsies vir kinders wat NIE hulle eetlus sal bederf nie…

Hoe gemaak?

Druk ‘n hout roomysstokkie of sommer ‘n teelepel in ‘n klein bakkie jogurt. As jy nie houtstokkies kan kry nie – die soort waarmee die dokter mens se tong afdruk sal by apteke beskikbaar wees . Bevries die jogurt en verwyder die plastiekbakkie net voor jy dit vir jou kind gee wanneer julle tuiskom of in plaas van roomys as nagereg. Roomys op winkelrakke bevat ook nie altyd die mees gesonde vet nie.

Vir meer idees oor kindervoeding en gesondeet, besoek gerus ons dieetgids afdeling (HEALTH TOOLS) en teken asseblief in op www.betereet.co.za om ons gereelde nuusbrief te ontvang.

Neem asb ook die vrymoedigheid om die dokument af te laai en vir enige vriende of familie te stuur wat hulle in hierdie situasie mag bevind.

Groete en sterkte vir hierdie lang vakansie!

Mariza

3 Dinge vir kalmer kinder