Mariza Kitchen

Dink jy dis tyEet Saamd om aandag te skenk aan jou eetpatroon? Miskien is jy moeg om duur ‘dieetkosse’ te koop en te kook? Moontlik wil jy net beter voedselkeuses maak ter wille van jou gesin se algehele gesondheid?

Klein veranderinge – ‘n ietsie hier, ‘n nuwe idee daar of ‘n fokusverskuiwing wat jou blik kan rig op voedselkombinasies of die porsiebalans op jou bord – is miskien al wat nodig is om jou vorentoe te stuur. Hierdie stappe kan ook ‘n  ‘n veel groter impak op die gesondheidsindeks van jou daaglikse dieet hê as drastiese stappe wat nie volhoubaar is nie. Boonop kan verandering in die regte rigting is ook verbasend effektief wees om jou gesondheidsdoelwitte – hetsy gewigsverlies of -handhawing, verbeterde energie en – fisiese stamina of konsentrasie en -werkvermoë  – permanent te maak.

‘Eet saam’ is ‘n stap in die regte rigting. Dis nie ‘n dieet nie en ook nie ‘n formule met ‘n lang lys voorskrifte wat jy moet nakom nie. Dis ‘n ‘volg-die-prentjies-en-word-wyser- proses’ wat jou sal inspireer om in die regte rigting – beter te eet instede daarvan om streng te dieet!

Teken vandag in  – dit bespreek jou plek lang my om jou stap vir stap te lei na ‘n lewensstyl wat beter  gesondheid bevorder deur beter voedselkeuses.