Bekostigbaar, Beskikbaar, Brokkolie

Brokkolie word dikwels beskryf as ‘n ‘wonder’ voedsel. Dit is ryk aan phyto nutriënte wat swael, karetenoïede en ‘n verskeidenheid van baie kragtige anti-oksidante voorsien. Indool-3 Karbinol is tans onder die soeklig as kragtige anti-oksidant. Kankervoorkoming en selfs behandeling, hormoonbalans, immuniteit en optimale ‘detoks’ in die lewer word in dieselfde asem as brokkolie genoem.

Indool-3-karbinol word bv. slegs geaktiveer wanneer mens die brokkolie kou of verpulp.

Ander bekende phyto-nutriënte wat in brokkoli voorkom is ‘glucoraphanin’, ‘gluconasturtiian’ en ‘glucobrassicin’ wat kardinaal is vir die lewer se fase 1 detoksifikasie en ‘Sulforaphane’ wat kardinaal is vir die fase 2 lewerdetoksifikasie.

Wanneer daar ‘n gebrek is aan seker voedingstowwe – soos bv. swawel gevind in brokkoli, verloop die fase 1 en 2 detoksifikasie nie glad nie. Dit dra by tot veranderede metabolisme, meer inflammasie en dan natuurlik die ontwikkeling van o.a. insulienweerstandigheid, hartsiekte, diabetes en kanker.

Probeer gerus hierdie maklike GESONDHEIDSSOP as ‘n gereelde toevoeging tot jou dieet – maklik, vinnig en smaaklik!