Die spreekwoord lui: die pad na ‘n man se hart is deur sy maag.

Menige mans sal saamstem. Net soos menige vroue seker sal saamstem dat die pad na ‘n vrou se hart dikwels ‘n kleiner klerenommer is?

Maar hoe kry ek daardie hol kol vol?  Veral die hol kol wat gewoonlik gepaard gaan met ‘n poging om ‘n paar kilo’s af te skud?

Probeer gerus hierdie lekker – propvol gesondheid sop.

Die feit dat dit jou kan help met jou gewigsverliesproses beteken natuurlik nie dat hierdie sop nie gesond is vir die hele gesin nie.

Kerriekool – amper- soos- botterskorsie- sop

  • 1/2 medium kool
  • 3 stingels seldery
  • 1 ui
  • 2 knoffelhuisies
  • 1 groot blik tamaties (800 g)
  • 3 eetlepels kerrie puree of kerrie- speserye mensel soos jy sal gebuik om jou kerrie mee te maak 4 koppies water
  • 1 blik kekerertjies (gooi ook die water by) 3 eetlepels olyfolie

Roerbraai die kerrie in olie en voeg die uie by. Wanneer die uie ‘deurskynend’ is, voeg die ander bestandele by. Kook vir ongeveer 10 minute tot die groente NET sag is en versap.

1 Porsie: 500 ml

Om te bedien: Ongegeurde jogurt of Griekse jogurt met gekapte pietersielie en ‘n paar blaartjies vars ment of vars koljander.