Diabetes patient measuring glucose level blood test

Insulien is ‘n hormoon wat in die liggaam afgeskei word om te verseker dat die liggaam energie vanaf koolhidrate of suiker effektief kan opneem in selle en kan gebruik. Insulien word egter nie slegs afgeskei wanneer ons koolhidrate eet nie maar ook wanneer ons ander kossoorte eet – bv. proteïene. Die hoeveelheid insulien wat afgeskei word na ‘n maaltyd sal bepaal word deur verskeie faktore onder ander hoe verfynd koolhidrateryke voedsel is, hoe vinnig die maag leeg maak na die maaltyd asook die kombinasie van voedselsoorte wat in dieselfde maaltyd geniet word. Self die tempo waarteen ons eet, kan ‘n invloed op insulienproduksie na ‘n maaltyd uitoefen.

Die stelling word dikwels gemaak dat mense wat wil gewig verloor, koolhidrate totaal uit hulle dieet moet skakel om insulienvlakke te verlaag of te ‘zero’ en dat dit hulle in staat sal stel om gewig te verloor.  Alhoewel hierdie benadering ‘n plek het as terapeutiese behandelingsopsie vir mense wat bv. ongekontroleerde diabetes het of insulienweerstandig, kan dit ook op die langer termyn problematies wees. Die rede: vetinname sal ook op die lange duur ‘n effek op insulienproduksie asook effektiwiteit uitoefen. Eerstens kan verhoogde dieetvette ook insulien produksie stimuleer deurdat  dit die produksie van suiker in die lewer sal stimmuleer en die liggaam sal dan insulien afkskei om hierdie suiker te ‘kontroleer’. Verhoogde vetinname – veral versadigde vetinname sal ook in ‘n groot aantal individue bydrae tot  verhoogde insulienweerstandigheid. 

Dit is nie net insulienproduksie wat ‘n rol speel by gewigsbeheer en diabetiese bloedsuikerkontrole nie maar ook die effektiwiteit van insulienwerking. Te veel insulien in die liggaam asook die  ‘blokkasie’ in die werking daarvan kan nie noodwendig omgedraai word deur van een uiterste dieet-benadering (Lae vet, hoë koolhidrate) na ‘n ander (Hoë vet, lae koolhidrate) te beweeg nie.

Mense verskil geneties in die manier waarop hulle liggame reageer op minder of meer vet of koolhidrate. Slegs wanneer dieetaanpassing sodanig is dat die beplande dieet in pas is met die individu se genetika, kan gewigsverlies en optimale gesondheid in dieselfde asem gebruik word.

Lees gerus meer hieroor.

 

Studie verwysing