Gefermenteerde voedsel is reeds vir eeue deel van kulture om die wêreld se dieet.

Miso uit Japan. Sauerkraut (suurkool) uit Duitsland. Kisri (Sorghum gefermenteerde pannekoeke) uit midde Afrika. Amasi (dikmelk) in Suid Afrika om maar ‘n paar te noem.

screenshotVandag eet meeste mense te min gefermenteerde kossoorte ten spyte daarvan dat die belang van probiotika en ‘n gesonde derm voldwonge feit is.

Dít, tesame met die verhoogde gebruik
van anti-biotika asook preserveermiddels, het ‘n uitgesproke effek op algehele gesondheid asook die ontwikkeling van toestande soos prikkelbare derm, inflammatoriese toestande, hipercholesterolemie, diabetes, en selfs oorgewig en onderaktiewe skildklier.

Probeer gerus hierdie maklike resepte en maak gefermenteerde kos deel van jou dieet!

 Gefermenteerde Koolslaai
 Gepekelde Blomkool
 Gefermenteerde Koringwater