(Attached Article in English)

Gestress? en dit sluit in die stress wat jy ervaar as jy aan jou streng ‘ dieet’ dink…Dan is jou liggaam besig om adrenalien en kortisol af te skei. Adrenalien is ‘n streshormoon wat ‘oemf’ gee – sodat mens vinnig kan dink, hardloop, veg of spring oor ‘n muur en kortisol help om die liggaam in ‘n toestand te hou waar energie geredelik beskikbaar is vir spiere om te werk – om óf te veg, of te hardloop.
Ongelukkig onderskei die brein nie waar ‘stres’ vandaan kom nie – en reageer dieselfde op ‘n moelike situasie by die werk as wat dit sal reageer op fisiese gevaar. Die verskil is mens kan nie by die werk weghardloop nie of met die baas stoei nie…Die liggaam het dus nie die geleentheid om die hormone ‘op’ te gebruik nie. Die gevolg is langdurig verandering in mens se metabolisme wat kan gepaardgaan met onstabiele bloedsuiker en later insulien weerstandigheid en hardnekkige gewigsprobleme asook chroniese siektes soos byvoorbeeld hoë bloeddruk en hormoonwanbalans.
Hoe gemaak? Nee – die nie nodig om die werk te los en nie ‘n goeie idee om uit jou kar te spring en die swak bestuurder voor jou by te dam nie. Dit is bewys dat 15 minute se stap soggens en saans verkieslik elke dag, die liggaam help om ontslae te raak van streshormone – en so die vetepidemie hok te slaan. Dus – praat ook so nou en dan jou hart uit…sommer teenoor jou stapmaat?

Lees gerus in meer detail in aangehegte artikel gepubliseer in Business Day.

Stress and how it affects your body!