Hierdie oosterse stapel het vele voordele – vir vroue en mans

Tofu is stapelvoedsel in Oosterse lande. In Suid-Afrika is dit bietjie minder beskikbaar en duur – maar in vergeleke met hoe maklik met R20 uithaal vir gemorskos – is dit nie onmoontlik om die ongeveer R45 ‘n week op jou gesondheid te spandeer.

Waarom gebruik ek dit?
Die proteiene hou mens lekker vol. Dit gee n heerlike romerige smaak aan smoothies. Die soya dra by tot beter hormoonmetabolisme by veral vroue en help beperk ook selfs hartsiekte.
Dit is ‘n goeie alternatief vir suiwel indien mens die inname van suiwel moet balanseer met ander bronne van kalsium en proteiene wat minder insulinemies is of as mens sensitief is.

HIer is ‘n lekker resep om tofu speel-speel by jou dieet in te werk:

Ontbyt’smoothie’:

1 Mango
1 Klein Piesang
1 Grinadella of bessies
1/5 – 1/4 van ‘n boksie tofoe(Tofu)
2 Blokkies ys

Gebruik ‘n voedselverwerker/versapper om lekker fyn te maak en GENIET!