spices-red-chilies gecrop‘n Bietjie chillie! Inderdaad is dit al wat nodig is. Net ‘n bietjie. Elke nou en dan.

Navorsers in Australia het gaan kyk hoe chillie saam met kos mense se metabolisme affekteer en gesien dat, na ‘n maaltyd met chilli was nie net insulien vlakke laer as by maaltye daarsonder nie maar die insulienweerstandigheidsmerkers het ook verbeter.

Maar hulle sien ook dat dit nogal moeilik is om aanmekaar chilli te eet…en gelukkig wys ‘n baie groot studie uit China dat dit nie elke dag groot hoeveelhede hoef te wees nie maar net, soos met te  alle gesonde gewoontes, gereeld bietjie bietjie liewer as ‘n hele hoop op ‘n slag!

Hier’s ‘n lekker manier om jou wintersoppe op te kikker en voeg sommer ook ‘n lekker fyngekapte chillie by jou gewone tamatiebredie of tamatiesmoor!